# Die Stad Kaapstad sê ‘n rekord van 625,5 kilometer se rioolpyplyne is proaktief skoongemaak as deel van wintergereedheid. Dit oorskry die stad se jaarlikse teiken meer as drie keer. Hierdie belegging ter waarde van 207,9-miljoen-rand help met voorkomende instandhouding om die risiko van rioolblokkasies en die oorloop wat veroorsaak word deur vreemde voorwerpe, onwettige […]
# Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris van Mpumalanga, Zeph Mkhwanazi, het ‘n vals video wat op sosiale media versprei is, sterk veroordeel. Die video beweer dat ‘n Namibiese vragmotorbestuurder tydens ‘n teen-migrante-optog aangerand is. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê die voorval wat in die video uitgebeeld word, het nie tydens die betogings plaasgevind nie. Hy sê ‘n […]
Die DA in die Oos-Kaap het die terugkeer van sy provinsiale leier, Andrew Whitfield, na die provinsiale wetgewer in Bisho verwelkom. Whitfield sal die rol van leier van die amptelike opposisie oorneem, en voortbou op die sukses van sy voorganger, Vicky Knoetze, wat die rol van hoofsweep sal oorneem. Hy sê hy sal die wetgewervakature […]
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging sê hy pleit steeds vir konstruktiewe betrokkenheid tussen munisipaliteite en gemeenskappe. Dit volg na die gewelddadige diensleweringsbetoging in Ratanda, in die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit in Gauteng, wat Vrydag gelei het tot lewensverlies en die afbrand van die burgemeester se eiendom. SALGA-woordvoerder, Motalatale Modiba, sê inwoners word aangemoedig om gevestigde kommunikasiekanale en […]
# Nege-en-twintig ongedokumenteerde buitelandse burgers is gister in Olievenhoutbosch in hegtenis geneem. Hulle is ingevolge die Immigrasiewet deur beamptes van Tshwane-metropolisie gearresteer tydens ‘n gesamentlike optrede deur die polisie en ander belanghebbendes, nadat bevind is hulle is onwettig in die land. Metropolisiewoordvoerder Puleng Motholo sê die diens bly vasberade om die oppergesag van die reg […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het die Sarah Baartman Herdenkingsentrum in Hankey, Oos-Kaap, formeel aan ‘n nuut aangestelde kontrakteur oorhandig. Dit volg nadat die projek vir meer as ‘n dekade vertraag is. Hy sê die onvoltooide sentrum het ‘n bron van skaamte geword en eerbiedig nie die pynlike geskiedenis en […]
# Die KwaZulu-Natalse premier, Thami Ntuli, sê die dood van Ntuthuko Mahlaba laat ‘n leemte wat diep gevoel sal word deur die regering, Provinsiale Wetgewer en breër gemeenskap. Die 44-jarige is Saterdagoggend deur ‘n voertuig doodgery terwyl hy in Newcastle gedraf het. Regeringswoordvoerder, Lindelani Mbatha, sê Mahlaba het met onderskeiding gedien as ‘n lid van […]
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ‘n verdagte gearresteer vir die diefstal van edelgesteentes ter waarde van net minder as 15-miljoen-rand uit ‘n privaat woning in Killarney, Johannesburg in 2023. Opod-woordvoerder Lizzy Suping sê die polisie was Vrydagaand op die spoor van twee verdagtes wat hulle nie kon vastrek nie. Sy sê die ses verdagtes sluit […]
# Die ANC in KwaZulu-Natal sê wyle Ntuthuko Mahlaba was ‘n grondliggende pilaar van die provinsiale leierskap, en sy lewe was ‘n meesterklas in organiese bestuur. Die 44-jarige is gisteroggend in Newcastle deur ‘n voertuig raakgery terwyl hy gedraf het. Die ANC sê ten tye van sy afsterwe het Mahlaba hom onderskei as lid van […]