# A new study by the University of the Western Cape has found that more than half of Cape Town firefighters report respiratory problems linked to repeated smoke exposure. The study of 278 firefighters found coughing and nasal congestion were the most common symptoms, although nearly 98-percent still had normal lung function. The study also […]
# Action Society sê die 292 geboortes wat tussen April en Desember verlede jaar onder meisies van 10 tot 14 jaar in die Wes-Kaap aangeteken is, behoort elk tot ‘n misdaadondersoek te lei. Die organisasie sê elke kinderswangerskap moet as ‘n kinderbeskermingsaak behandel word om te bepaal of seksuele misbruik of uitbuiting plaasgevind het. Juanita […]
# Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings het ‘n beweerde sluipmoordkomplot veroordeel waarin ‘n senior amptenaar geteiken is. Die amptenaar het na berigte gewerk om korrupsie te stop waar staatsgesubsidieerde huise onwettig verkoop is. Die departement sê twee verdagtes, insluitend een van sy administratiewe klerke, is deur die Valke in hegtenis geneem. Tahir Sema van […]
# Die munisipale vakbond SAMWU sê onderbefondsing, korrupsie en gebrekkige infrastruktuur het plaaslike regering en die watersektor in ‘n krisis gedompel. Die vakbond gaan môre betoog by die Nasionale Tesourie en ander staatsdepartemente in Tshwane. SAMWU verwag binne 14 werksdae ‘n skriftelike reaksie op sy versoekskrif. Hoofsekretaris Dumisane Magagula sê hulle eis verhoogde befondsing vir […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand waarsku inwoners om nie wilde sampioene te eet nie. Dit volg na ‘n toename in dodelike gevalle van sampioenvergiftiging. Die departement sê selfs een byt van ‘n Duiwelsbrood-sampioen kan lewerversaking en die dood veroorsaak. Die direkteur van Gifstowwe by Tygerberg, Carine Marks, raai enigiemand wat ‘n wilde […]
# Twee mense is in aanhouding nadat hulle in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn het op aanklagte van sameswering om ‘n senior provinsiale direkteur van Menslike Nedersettings te vermoor. Die Valke beweer die amptenaar was geteiken omdat hy probeer het om die onwettige verkoop van HOP-huise aan mense wat nie gekwalifiseer het nie, te […]
# ‘n Nuwe studie deur die Universiteit van die Wes-Kaap het bevind dat meer as helfte van Kaapstad se brandbestryders meld respiratoriese probleme aan wat verband hou met herhaalde blootstelling aan rook. Die studie van 278 brandbestryders het bevind hoes en neusverstopping was die algemeenste simptome, hoewel byna 98-persent steeds normale longfunksie gehad het. Die […]
# Die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme in die Wes-Kaap, Ivan Meyer, sê sterk plaaslike leierskap is die sleutel om ekonomiese groei aan te wakker en werksgeleenthede te skep. Meyer het by ‘n opleidingswerkswinkel vir plaaslike regering in die Paarl gesê raadslede speel ‘n belangrike rol om beleggings te lok, om ondernemings te […]
# Die voormalige Ekurhuleni Metropolisiebeampte Kersha-Leigh Stols is in aanhouding na haar verskyning in die Johannesburgse landdroshof oor ‘n beweerde diefstal van edelstene ter waarde van 14,9-miljoen-rand. Stols, die geskorste EMPD-beampte, Adrian MacKenzie, en die sakeman Etienne van der Walt word daarvan beskuldig dat hulle hulself as wetstoepassers voorgedoen het tydens ‘n klopjag op ‘n […]