# The Motor Industry Staff Association has welcomed progress towards extending the African Growth and Opportunity Act. The US Senate has voted in favour of extending the programme for two years, which allows qualifying South African goods to enter the US without import duties. The association’s Phakamile Hlubi-Majola says this is good news for the […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging het vordering verwelkom met die verlenging van die Afrika Groei- en Geleentheidswet. Die Amerikaanse Senaat het ten gunste van ‘n verlenging van twee jaar van die program gestem, wat kwalifiserende Suid-Afrikaanse goedere toelaat om die VSA sonder invoerbelasting binne te gaan. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê dit is goeie nuus vir […]
# Die Zambiese president, Hakainde Hichilema loop voor in die presidensiële verkiesing, met 58,87-persent van die stemme in 135 kiesafdelings uit 226. Verkiesingsowerhede sê Hichilema het meer as 1,5-miljoen stemme verower, voor sy vernaamste uitdager, Brian Mundubile. Hichilema benodig meer as 50-persent om ‘n algehele oorwinning te behaal. Die verkiesing was grootliks vreedsaam, hoewel die […]
Die Afrika-mobiliteitsmaatskappy Moove het een van die waardevolste privaat tegnologie-ondernemings geword, met ‘n waarde van ongeveer 34-miljard-rand. Die Nigeriese maatskappy verskaf voertuigfinansiering en finansiële dienste aan mobiliteitsentrepreneurs. Die nuwe finansieringsronde van vier-miljard-rand het die waardasie daarvan meer as verdubbel van ongeveer 12,5-miljard rand in 2024. Endeavor South Africa, ‘n NRO wat privaat ondernemings in die […]
# Minstens ses mense is dood en vyf beseer in ‘n stormloop by die Ashok Dham-tempel in Bihar, Indië. Die polisie sê ‘n elektrisiteitspaal wat omgeval het, het moontlik paniek onder duisende aanbidders veroorsaak tydens die Hindoe-heilige maand van Shravan. Indië het al verskeie dodelike skare-rampe by godsdienstige byeenkomste gesien. In Januarie verlede jaar is […]
# Reddingswerkers in Indonesië is op soek na slagoffers wat vasgekeer is onder geboue nadat minstens 68 mense in ‘n kragtige aardbewing dood is. Meer as 200 mense is beseer en duisende is ontruim. Bykans een-duisend-600 naskokke het die eilandnasie getref, met talle inwoners wat in tente skuil omdat hulle bang is om terug te […]
# Iran het aangekondig twee Franse ambassade-werknemers wat verlede maand in ‘n diplomatieke geskil betrokke was, sal nie toegelaat word om na die land terug te keer nie. Die woordvoerder van die Ministerie van Buitelandse Sake, Esmaeil Baghaei, sê die twee het die Weense Konvensie, wat die reëls en voorregte van diplomatieke missies definieer, oortree […]
# President Cyril Ramaphosa sê die versterking van landbou-waardekettings en die bou van klimaat-veerkragtige voedselstelsels moet voorkeur geniet om voedselsekerheid te verbeter en volhoubare ekonomiese groei te ondersteun. Hy het tydens die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskaps-beraad in Durban gevra vir verhoogde landbouproduksie, sterker streeks-voedselreserwes en groter ondersteuning vir klein- en opkomende boere. Ramaphosa het lande ook aangemoedig […]
# At least six people have died and five were injured in a stampede-like incident at the Ashok Dham temple in Bihar, India. Police say a falling electricity pole may have sparked panic among thousands of worshippers during the Hindu holy month of Shravan. India has seen several deadly crowd disasters at religious gatherings. In […]