# Union federation Cosatu, Solidarity, the Canning Fruit Producers’ Association, together with fruit producers, are calling on Premier Foods to keep its Tulbagh fruit canning factory in the Western Cape open. Cosatu’s Malvern de Bruyn says the closure would affect 424 factory workers, hundreds of fruit producers and thousands of other people whose livelihoods depend […]
# Die DA het die Parlement versoek om Eskom en reguleerders aanspreeklik te hou vir besoedeling by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga. Volgens die party het ‘n uitspraak deur die Appèlhof bevind besoedelingsperke is oortree en die afdwinging was swak. Kevin Mileham van die DA wil ‘n dringende gesamentlike parlementêre verhoor hê om vas te stel […]
# Statistiek Suid-Afrika sê siviele skulddagvaardings het tussen April en Junie met 0,8-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Skuldvonnisse het egter met 9,9-persent toegeneem. Vhonani Kwinda van Statistiek SA sê die syfers dui aan hoewel minder nuwe skulddagvaardings uitgereik is, het meer skuldsake tot hofvonnisse gelei met die betrokke bedrae wat aansienlik […]
# AfriForum sê die energiereguleerder Nersa se plan om sleutelprestasie-aanwysers vir munisipale elektrisiteitsverspreiders in te stel, sal nie diensleweringsprobleme oplos tensy bestaande reëls afgedwing word nie. Morné Mostert van die organisasie sê Nersa moet swak prestasie ondersoek, lisensievoorwaardes afdwing en tegniese kontroles uitvoer:
# Die uitvoerende hoof van Discovery, Adrian Gore, sê Suid-Afrika moet ekonomiese groei van minstens drie-persent behaal om werk te skep en werkloosheid te verminder. Gore het tydens die bekendstelling van fase drie van die vennootsksp tussen die regering en nywerhede in Johannesburg gesê vordering is gemaak met die beëindiging van beurtkrag, die verbetering van […]
# Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in Junie met 1,6-persent gestyg. Die grootste bydraers was ander kleinhandelaars en algemene handelaars, wat albei groei aangeteken het. Seisoensaangepaste verkope het egter met 0,6-persent gedaal in vergelyking met Mei. Tussen April en Junie het kleinhandelverkope met 1,7-persent gestyg vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Raquel Floris van Statistiek […]
# Business for South Africa verskuif nou sy fokus na sleutelsektore, insluitend mynbou, landbou, toerisme, gasvryheidsektor en infrastruktuur. Dit volg na die bekendstelling van fase drie van die regering-nywerheidsvennootskap. Martin Kingston van die handels-organisasie sê die regering moet ekonomiese groei van meer as drie-persent behaal om ‘n betekenisvolle impak op jeugwerkloosheid te maak. Kingston sê […]
# Google se moedermaatskappy, Alphabet, en Marvell Technology het ‘n belangrike ooreenkoms vir doelgemaakte KI-skyfies onderteken. Ingevolge die meerjarige ooreenkoms het Marvell aan Google se moedermaatskappy aandele-koopregte toegestaan om tot 194-miljard-rand in aandele te koop. Die ooreenkoms is gekoppel aan Google se besteding van ongeveer 1,9-duisend-miljard-rand aan Marvell se doelgemaakte hardeware teen 2033. Hierdie vennootskap […]
# Die aanlyn-stroomdiens Netflix is op ‘n rekord wêreldwye inhoudbestedingsveldtog van 320-miljard-rand om verskeie groot lisensie-ooreenkomste te bevestig. Die platform voeg ook kortvormreekse deur BuzzFeed en Vanity Fair by, asook eksklusiewe video-uitsendings. Plaaslik het Netflix ‘n mylpaal-kontinentale lisensievennootskap met Suid-Afrika se eMedia onderteken. Ingevolge hierdie ooreenkoms word E-tv se vlagskip-spitstyddrama The Four of Us minder […]