# Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank versoek om nie die terugkoopkoers tydens sy komende vergadering te verhoog nie. Die federasie voer aan werkers verkeer reeds onder druk weens hoë lewenskoste, hoofsaaklik as gevolg van stygende brandstofpryse. Hy waarsku hoër rentekoerse sal skuld verhoog, die ekonomie vertraag en werkloosheid, wat reeds uitermate hoog is, […]
# Die landbou-organisasie TLU SA sê sy jongboer van die jaar-kompetisie speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van toekomstige landbouleiers en die versterking van die landbousektor. Die organisasie moedig jong boere aan om nie hul potensiaal te onderskat nie en voor 19 Junie vir vanjaar se kompetisie in te skryf. Bennie van Zyl van […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n veiligheidsherroeping aangekondig weens ‘n moontlike veiligheidsgebrek van 920 Jeep Grand Cherokee WL-voertuie wat tussen 2021 en 2023 verkoop is. Daar is ‘n probleem met ‘n foutiewe boonste beheerarm-knypbout wat kan breek, wat kan lei tot ‘n verlies aan beheer en die risiko van ‘n ongeluk verhoog. Phetho Ntaba van […]
# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het ‘n onwettige vervaardigingsaanleg vir gewigsverliesmedisyne in Silverton, Pretoria, gesluit na klagtes oor ongereguleerde vervaardiging. Die fabriek het semaglutied en tirzepatide sonder behoorlike magtiging vervaardig. Woordvoerder, Mokgadi Fafudi, sê inspekteurs en die Suid-Afrikaanse Aptekersraad, het tydens ‘n klopjag onverklaarde aktiewe bestanddele en produkte ontdek. Sy sê die operasie was […]
# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, vra bestuurskundiges om Afrika se generasierykdom te beskerm en verantwoordingstelsels te versterk. Gcaleka het tydens die Afrika-federasie van Interne Ouditeurs se forum oor korporatiewe regering gewaarsku korrupsie is steeds diep ingeburger en kos Afrika jaarliks miljarde. Sy het korrupsie beskryf as ‘n gekoördineerde stelsel, aangevuur deur swak toesig en […]
# Public Protector Kholeka Gcaleka has called on governance professionals to protect Africa’s generational wealth and strengthen accountability systems. Speaking at the African Federation of Institutes of Internal Auditors Governance Forum, Gcaleka warned that corruption remains deeply entrenched and costs Africa billions annually. Gcaleka described corruption as a coordinated system enabled by weak oversight and […]
# Die uitvoerende burgemeester van die stad Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, het onthul die stad betaal jaarliks sowat 12,7-miljoen-rand aan 17 geskorste amptenare. Hy het aan eNCA bevestig die betalings duur voort ondanks onopgeloste dissiplinêre sake, en beskryf dit as vrugtelose besteding. Xhakaza erken die metro befonds amptenare wat nie werk nie terwyl ondersoeke voortsleep. Hy […]
# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het interne ouditeure geprys wat hul veiligheid waag om oortredings aan te meld. Sy het gepraat tydens die Afrika-federasie van Interne Ouditeurs se forum oor korporatiewe regering. Gcaleka vra meer beskerming en finansiële ondersteuning vir verklikkers en waarsku hulle bly kwesbaar wanneer hul korrupsie blootlê. Sy beklemtoon interne ouditeure […]
# Public Protector Kholeka Gcaleka has praised internal auditors who risk their safety as whistleblowers to report wrongdoing. She was speaking at the African Federation of Institutes of Internal Auditors’ Governance Forum. Gcaleka calls for stronger protection and financial support for whistleblowers, warning they remain vulnerable after exposing corruption. She also stresses the critical role […]