# ‘n Reuse-asteroïde het ‘n vier-persent kans om die Maan te tref nadat vrese aanvanklik bestaan het dat dit die aarde kan tref. Dit is volgens nuwe data vanaf die James Webb-ruimteteleskoop. Die asteroïde, wat vermoedelik ‘n hele stad kan vernietig, het in Februarie ‘n nuwe rekord opgestel vir die grootste kans, naamlik 3,1-persent, om ons planeet te tref as wat wetenskaplikes nog ooit gemeet het. Die aarde se planetêre verdedigingsgemeenskap het ingespring en verdere waarnemings het die kanse uitgesluit dat die asteroïde, genaamd 2024 YR4, die aarde op 22 Desember 2032 sal tref.
Byna 4% kans dat reuse-asteroïde die maan kan tref