# Business Leadership South Africa verwerp bewerings deur Eskom se raadsvoorsitter, Mteto Nyati, dat sy steun vir die hervorming van die elektrisiteitsoordragstelsel op politieke inmenging neerkom. Die organisasie voer aan die afsondering van Eskom se oordragbates strook met regeringsbeleid en is noodsaaklik om bestuur te verbeter, botsende belange uit die weg te ruim en beleggings te lok. Die uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê in haar weeklikse nuusbrief die ooreengekome beleid oor elektrisiteitsmarkhervormings en transmissie-ontbondeling moet sonder verdere vertragings ingestel word.
Business Leadership South Africa verwerp Eskom se bewerings oor politieke inmenging