# Business Leadership South Africa het ‘n beroep op die regering gedoen om duidelike spertye te bepaal vir privaat belegging in die elektrisiteitsnetwerk. In haar weeklikse nuusbrief het die uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, gesê planne om maatskappye te nooi om vir nuwe transmissieprojekte te tender is tot die tweede kwartaal van volgende jaar uitgestel. Mavuso waarsku vertragings kan die uitbreiding van die netwerk raak en toegang tot elektrisiteit beperk. Sy het aangedring die regering moet die proses bespoedig om Eskom se transmissieafdeling te skei en ’n duidelike tydraamwerk vir die aanvang van bouwerk verskaf.
Business Leadership SA waarsku oor vertragings met privaat transmissieprojekte