# Business Leadership South Africa sê onlangse ontwikkelings, insluitend ‘n kredietopgradering, verbeterde haweprestasie in Durban, KwaZulu-Natal, en sterker as verwagte bruto binnelandse produkgroei, toon hervormings begin werk. Die organisasie waarsku egter belegging bly te laag teen slegs 13,5-persent van die bruto binnelandse produk, ver onder die 30-persent-teiken wat nodig is om sterker groei te dryf. In haar weeklikse nuusbrief het die uitvoerende hoof van BLSA, Busisiwe Mavuso, gesê volgehoue beleidsonsekerheid, swak beleggersvertroue en wêreldwye ekonomiese druk, hou vordering terug.
Business Leadership SA verwelkom vordering met hervormings, maar waarsku beleggingskrisis duur voort