# Business Leadership South Africa verwelkom die regering se planne om volgende jaar ‘n opsporingstelsel wat onwettige handel in goedere sal bekamp. Die uitvoerende hoof, Busisiswe Mavuso, sê in haar weeklikse nuusbrief onwettige handel kos die ekonomie sowat 193-miljard-rand aan verlore produksie en bedreig duisende werksgeleenthede. Mavuso sê die stelsel sal slegs werk indien die owerhede die wet aktief toepas en verseker dat wettige ondernemings nie die koste dra nie. Sy het ook politieke partye in 138 munisipaliteite waar daar geen volstrekte meerderheid is nie, aangemoedig om die nuwe riglyne vir koalisies te volg.
Business Leadership SA verwelkom langverwagte opsporingstelsel om onwettige handel te fnuik