# Business Leadership South Africa sê hulle sal voortgaan om Operasie Vulindlela te ondersteun in sy tweede fase. Fase twee sal fokus op munisipale dienslewering, digitale transformering en die aanpak van ruimtelike ongelykheid. Die fokuspunte sal ondersteun word deur ‘n aanlyn BLSA-opsporingsinstrument wat pas bekendgestel is om die vordering met hervormings te monitor en vertragings te identifiseer. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, het in haar weeklikse nuusbrief gesê die inisiatief het reeds gehelp om kragonderbrekings te verlig, die vervoer van goedere op spoorlyne te versnel en om visumagterstande op te klaar.
Business Leadership SA stel hervorming-opsporingsinstrument bekend vir Operasie Vulindlela fase 2