# Business Leadership South Africa het president Cyril Ramaphosa se onlangse kabinetsveranderinge verwelkom as ‘n positiewe stap in die rigting tot herstel van die regering se integriteit. Die organisasie sê om ministers met bewerings van wangedrag teen hulle te verwyder, stuur ‘n sterk boodskap uit oor etiese leierskap. Die uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê in haar weeklikse nuusbrief die optrede en onlangse hoëprofiel-arrestasies dui op ‘n verskuiwing na ‘n sterker regering en die oppergesag van die reg, wat noodsaaklik is vir beleggersvertroue en ekonomiese herstel.
Business Leadership SA sê Ramaphosa-kabinetsverandering ‘n stap in die regte rigting