Skip to content

Business Leadership SA sê land se elektrisiteitsektor moet dringend hervorm word

# Business Leadership South Africa sê die regering moet die oorgang na mededingende elektrisiteitsmarkte met gelisensieerde handelaars en onafhanklike opwekkers bespoedig. Dit volg ná Nersa se skikking van 54-miljard-rand met Eskom weens die reguleerder se foute in die berekening van tariewe. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê die fout ontbloot die absurditeit van ʼn stelsel wat Eskom toelaat om koste van klante te verhaal sonder druk van mededingers. Sy sê die manier waarop Eskom se tariewe bereken word, is die grootste teken dat die elektrisiteitsektor dringend hervorm moet word.