# Business Leadership South Africa sê te midde van onderhandelings met Amerika, moet die regering vir alle moontlikhede voorberei deur sy handelsdiversifikasie te versnel. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het verlede week die Amerikaanse handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, en kongreslede in Washington ontmoet om ʼn ooreenkoms te bereik. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê in ʼn toenemend versplinterde wêreldekonomie, sal Suid-Afrika se sukses nie afhang van ʼn enkele handelsband nie, maar van sy vermoë om veerkragtigheid te bou deur verskeie paaie na voorspoed.
Business Leadership SA sê die land moet sy handelsverskeidenheid vinnig uitbrei