# Business Leadership South Africa sê vir grootskaalse werkskepping moet die land beter doen en die groeikoers tot bo drie-persent opskuif. Daar is tans 8,5-miljoen werklose mense en jaarliks kom sowat 300-duisend nuwe werksoekers by. BLSA se voorsitter, Adrian Gore, sê die sakesektor glo Suid-Afrika het aansienlike geleentheid om ʼn self-versterkende siklus te skep met ʼn verbeterde narratief, belegging, groei, werk en groter vertroue. Hy voeg by die land het baie onvervulde moontlikhede.
Business Leadership SA sê 3%-groei is nodig vir grootskaalse werkskepping