# Business Leadership South Africa versoek die regering om dringend aandag te skenk aan die mislukte logistieke stelsel om te verhoed dat ekonomiese herstel benadeel word. BLSA waarsku voortgesette probleme met hawens, spoor- en vervoerinfrastruktuur veroorsaak vertragings en toenemende koste vir ondernemings, wat ‘n bedreiging is vir groei, belegging en werkskepping. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, vra in haar weeklikse nuusbrief vinnige optrede en beter koördinering om doeltreffendheid te verbeter, handel te ondersteun, en te verseker die ekonomie kan herstel en volhoubaar groei.
Business Leadership SA eis regering moet mislukte logistiek regstel vir ekonomiese herstel