Skip to content

BUSA doen regstappe oor gebrekkige teikens vir gelyke indiensneming [KLANK]

# Business Unity South Africa het vandag die howe genader om die onlangs gepubliseerde sektorale teikens vir gelyke indiensneming te betwis. BUSA sê alhoewel dit werkplektransformasie ondersteun, is die teikens wesenlik en prosedureel gebrekkig. Die uitvoerende hoof, Khulekani Mathe voer aan daar was geen betekenisvolle raadpleging nie, met onrealistiese standaard benaderings en teenstrydige voldoeningsraamwerke. Hy eis dat die teikens daarop gemik moet wees om die geloofwaardigheid van transformasie te beskerm en om wettige, deursigtige en praktiese billikheidsbeleide te bevorder:

ENG-MatheOnEmploymentEquity