Skip to content

Buro waarsku aanpassing van inflasieteiken na 3% sal ekonomiese vooruitsigte in SA hervorm

# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte is daarvan afhanklik dat die regering en die Suid-Afrikaanse Reserwebank saamwerk aan ‘n nuwe drie-persent-inflasieteiken. Die buro waarsku egter in sy jongste verslag streng staatsbesteding en hoë rentekoerse vertraag die groei, met die bruto binnelandse produk wat na verwagting vanjaar minder as een-persent sal groei. Die buro sê ‘n vroeë ooreenkoms oor die teiken kan die groei tot twee-persent verhoog, maar swak samewerking sal inflasie hoog hou, ekonomiese stagnasie verleng en werkloosheid vererger.