# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika se waterstelsel is in ‘n krisis, met byna die helfte van alle waternetwerke in ‘n swak toestand en byna 47-persent van die behandelde water wat verlore gaan voordat dit gebruikers bereik. Gevallestudies in KwaZulu-Natal en Mpumalanga toon dat privaat maatskappye doeltreffendheid kan verbeter en waterverliese tot so laag as agt-persent kan verminder,vergeleke met ‘n nasionale gemiddeld van meer as 40-persent. Navorsers beveel ‘n tweeledige stelsel van openbare en privaat hulpbronne aan om infrastruktuur te onderhou en toegang vir minderbevoorregte gemeenskappe uit te brei.
Buro vir Ekonomiese Navorsing vra vir hibriede openbare-privaatmodel om waterprobleme op te los