# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika se benadering tot die konsepbeleid oor Kunsmatige Intelligensie moet daarop fokus om mense en ondernemings te help om die tegnologie te gebruik en nie nuwe lae van regulering skep nie. Dit volg na die terugtrekking van die konsepbeleid weens kommer oor verkeerde verwysings. Die buro se nuwe verslag toon KI word reeds wyd gebruik, met baie bestuurders en individue wat dit weekliks inspan vir werk, inkopies en leerwerk. Die buro stel voor dat digitale infrastruktuur versterk word en ‘n eenvoudiger beleid ingestel word om aanvaarding te ondersteun.
Buro vir Ekonomiese Navorsing vra regering om KI-beleid reg te stel na terugtrekking van konsepbeleid