Skip to content

Buro vir Ekonomiese Navorsing voorsien hoër voedselpryse met effense styging in verbruikersprysindeks vir Junie

# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê die verbruikersprysindeks sal na verwagting in Junie effens styg, maar bly steeds binne die Suid-Afrikaanse Reserwebank se  teiken van drie tot ses-persent.  voedselpryse, veral vleis, sal voedselinflasie na verwagting tot omtrent vyf-persent verhoog. Die totale inflasiekoers sal waarskynlik ongeveer drie-persent bly. Statistieke Suid-Afrika sal die amptelike syfers vir die verbruikersprysindeks Woensdag bekend stel. Volgens die buro het die inflasieverwagtinge vir 2025 tot omtrent vier-persent gedaal terwyl voorspellings vir loonverhogings gestyg het.