# Die omstrede sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, het die Madlanga-kommissie om uitstel gevra om te reageer op bewerings van korrupsie, politieke inmenging en misdadige bande. Die sperdatum van vyf-dae op sy Reël 3-kennisgewing verstryk hierdie week. SABC News berig Mogotsi sê hy benodig meer tyd om sy regspan te raadpleeg, wat eers Vrydag beskikbaar sal wees. Hy wil ook persoonlik voor die kommissie verskyn. Getuienis wat die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, gelewer het verbind Mogotsi aan misdadige netwerke maar hy ontken die bewerings.
Brown Mogotsi vra uitstel om te reageer op bewerings van Madlanga-kommissie