# ’n Hittegolf hou Europa steeds in sy greep, terwyl Brittanje ’n maksimum-temperatur van 33,6-grade Celsius in Kent aangeteken het, wat dit die warmste dag van die jaar tot dusver maak. In Turkye is 50-duisend mens ontruim as gevolg van weghol-veldbrande. Twee mense is dood in Italië, en dele van Portugal en Spanje het die hoogste temperature ooit in Junie ervaar. In Frankryk is ‘n rooi waarskuwing, die hoogste vir uiterste hitte, in werking in 16 streke, insluitend in Parys, waar die boonste vlak van die Eiffel-toring gesluit bly.
Brittanje ondervind hoogste temperature van die jaar tot dusver, en Turkye beveg wegholveldbrande in Europese hittegolf