Skip to content

Brittanje se werkloosheidsyfer bly op vierjaar-hoogtepunt met 4,7%

# Brittanje se werkloosheidsyfer bly op ‘n vierjaar-hoogtepunt. Werksgeleenthede het verminder in ‘n tydperk waarin ‘n belastingverhoging in die Verenigde Koninkryk en nuwe Amerikaanse tariewe in werking getree het. Die Kantoor van Nasionale Statistiek sê werkloosheid was op 4,7-persent vir die drie maande tot einde Junie, onveranderd teenoor die periode van Maart tot Mei. ‘n Verhoging in maatskappybelasting het in April in werking getree en ontleders waarsku dat maatskappye minder mense sal aanstel. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se nuwe invoer-tariewe het ook in April in werking getree.