Skip to content

Brittanje herdenk Londense terreuraanvalle van 7 Julie 2005

# Dit is vandag 20-jaar sedert die Londense selfdood-bomaanvalle van 7 Julie waarin 52 mense gesterf het. Koning Charles het tydens die Britste herdenkings die gees van eenheid geprys wat ná die gruweldaad getoon is. Eerste minister Keir Starmer en Londen se burgemeester, Sadiq Khan, het kranse gelê by die gedenkteken in Hyde Park op die tyd dat die eerste bom in 2005 ontplof het. Plaaslike Islamitiese ekstremiste het drie ondergrondse treine en ‘n bus in sentraal-Londen getref. Honderde mense is beseer.