# Brittanje en die Europese Unie het ingestem tot ‘n nuwe skema vir jeugmobiliteit, wat dit vir kwalifiserende jong volwassenes makliker maak om tyd in Brittanje en EU-lande deur te bring – hetsy deur daar te woon, te werk of te studeer. Die skema sal 100-duisend jongmense van die EU toelaat om jaarliks in Brittanje te reis, te werk en te studeer, terwyl dieselfde aantal jong Britte tot Europa toegelaat sal word. Die ooreenkoms is daarop gemik om sommige van die geleenthede wat ná Brexit verlore gegaan het, te herstel, sonder om weer onbeperkte vryheid van beweging toe te pas.
Brittanje en EU stem in tot nuwe jeugmobiliteitskema