Skip to content

Britse regering sluit militêre helikopterkontrak van R16,5-miljard met Boeing

# Brittanje het ‘n drie-jaar-kontrak van 16,5-miljard-rand aan Boeing toegeken om sy Apaché-aanvalshelikopters en Chinook-swaarvrag-helikopters, wat bedryf word deur die koninklike lugmag, in stand te hou en te ondersteun. Die regering sê die kontrak verseker gereedheid en langtermyn-ondersteuning vir vloot wat reeds ingespan is in die konflikte in Irak, Afghanistan en Libië. Die aankondiging volg ná die onlangse voltooiing van die Britse Weermag se opgraderingsprogram, toe die 50ste Apaché vroeg verlede jaar afgelewer is.