# Die Britse minister van Energie en Klimaatsverandering, Ed Miliband, sê die jongste klimaatverslag is ‘n duidelike waarskuwing oor die dringendheid om klimaatsverandering aan te pak. Die verslag bevestig dat die Verenigde Koninkryk se klimaat aansienlik verskil van vorige dekades, met uiterste hitte en reënval wat die norm word as gevolg van mensgemaakte aardverwarming. Die verslag dui ook aan dat die Britse seevlakke vinniger styg as die wêreldgemiddelde. Miliband het in die Parlement die regering se verbintenis tot die aanpak van klimaatsverandering beklemtoon:
Britse minister van Energie erken die jongste klimaatverslag is ‘n ernstige waarskuwing [KLANK]
ENG MilibandOnClimateChangeAction