Skip to content

Britse gewapende magte lê beslag op Russiese skadu-olietenkskip in Engelse Kanaal

# Britse gewapende magte en wetstoepassers het beslag gelê op ‘n Russiese skadu-olietekenkskip wat deur die Engelse Kanaal gevaar het. Die Smyrtos het 100-duisend ton Russiese ru-olie vervoer. Dis die eerste keer dat ‘n vaartuig van Rusland se skadu-vloot in Britse gebiedswater onderskep is. Eerste minister Keir Starmer sê die geslaagde optrede is nog ‘n terugslag vir Rusland, en herinner diegene wat president Vladimir Putin se oorlog in Oekraïne aanvuur hulle kan nie wegkruip nie. Brittanje het sanksies geplaas op meer as 500 vaartuie.