# Die Britse bergklimmer Kenton Cool het vir die 19de keer die kruin van Mount Everest bereik. Hy het daarmee sy eie rekord deur ’n nie-sjerpa verbeter. Die 51-jarige, wat vergesel is deur die Nepalese sjerpa Dorji Gyaljen, het Sondag die agt-duisend-849-meter hoë kruin bereik. Cool het Everest die eerste keer in 2004 uitgeklim en sedertdien doen hy dit gereeld. Dit was Gyaljen se 23ste klimtog na die kruin. Nog ’n Nepalese sjerpa, Kami Rita, is tans weer op die berg in ’n poging om sy rekord van 30 te verbeter.
Britse bergklimmer stel nuwe rekord nadat hy kruin van Everest 19de keer bereik