# Britney Spears is in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem, ’n maand nadat sy op 4 Maart in hegtenis geneem is vir vermoedelike bestuur onder die invloed van alkohol en dwelms. Die sangeres het haarself vrywillig vir behandeling aangemeld. Dit kom drie weke voordat die 44-jarige in die hof in Kalifornië moet verskyn op die aanklag van bestuur onder die invloed. Spears is een van die suksesvolste popsterre van alle tye. Sy was tot 2021 vir 13 jaar onder kuratorskap met haar finansies en persoonlike lewe wat deur haar pa beheer is.
Britney Spears in rehabilitasie na arrestasie vir bestuur onder die invloed