# Die polisie het ‘n 25-jarige Brasiliaanse vrou by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem met kokaïen ter waarde van vier-miljoen-rand wat sy na Suid-Afrika probeer smokkel het. Die verdagte het van São Paulo via Doha aangekom en is voorgekeer na ‘n gekombineerde intelligensie-gedrewe operasie. Woordvoerder van die polisie, Amanda van Wyk, sê beamptes het ongeveer tien kilogram kokaïen in sy bagasie ontdek en ondersoek of meer kokaïen in sakkies ingesluk is:
Brasiliaanse dwelmmuil by OR Tambo vasgetrek met R4-miljoen se kokaïen [KLANK]
AFR AmandaOnDrugMule