Skip to content

Brandbestryders beveg weghol-veldbrand in Kampsbaai

# Die Tafelberg Nasionale Park het grondspanne ontplooi om ‘n weghol-veldbrand naby die Pyproete in Kampsbaai te bestry. Die woordvoerder van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, JP Louw, sê nagenoeg 50 brandbestryders van SANParke, die Stad Kaapstad se Brand en Reddingsdienste, vrywilligers, en Working on Fire is op die toneel. ‘n Helikopter uit George is op pad om bystand met watermandjies te bied. Louw sê staproetes bo die Twaalf Apostels en Pyproete is tydelik gesluit met personeel wat die situasie noukeurig monitor.