# Die brandweerdiens van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sê die brand in die Cogmanskloofberge bo Montagu en Ashton bly aktief. Die brand, wat Donderdagmiddag in die veld bo Zolani begin het, het aanvanklik versprei na CapeNature-bestuurde grond op die bergpieke. Van daar het dit langs die rant en tot aan Montagu se kant van die berge versprei. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê brandbestrydingsoperasies is bemoeilik deur sterk, wisselende wind en aanhoudende hoë temperature:
Brand in die Cogmanskloofberge is steeds aktief terwyl hoë temperature voortduur [KLANK]
AFR OttoOnFireBattle