Skip to content

Botswana teken beleggingsooreenkoms van R211-miljard met Katar se Al Mansour Holdings

# Botswana het ‘n beleggingsooreenkoms van 211-miljard-rand met Katar se Al Mansour Holdings gesluit om dringende nasionale uitdagings die hoof te bied. President Duma Boko sê die vennootskap met die Botswana Ontwikkelingskorporasie is gemik op infrastruktuur, energie, mynbou, diamantverwerking, landbou, toerisme, kuberveiligheid en verdediging. Botswana het terugslae ondervind as gevolg van ‘n afswaai in die diamantmark. Boko sê die ooreenkoms sal diversifisering en bilaterale bande versterk.