Skip to content

BOSA wil R2-miljard BBP-beskermingbegroting vir onderwysers, verpleegsters en polisie aanwend

# Build One South Africa versoek die regering om die begroting van twee-miljard-rand vir BBP-beskerming van politici te skrap en dit te gebruik om meer onderwysers, verpleegsters en polisielede aan te stel. BOSA-woordvoerder, Roger Solomons, waarsku voor môre se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring dat Suid-Afrika stadige groei, hoë skuld en erger werkloosheid veral onder jongmense gaan beleef. Hy sê frontliniedienste kan nie verdere besnoeiings hanteer nie en vra vir ‘n einde aan politieke luukses.