# Build One South Africa sê die rentekoersverhoging van sewe persent sal die lewe moeiliker maak vir huishoudings en besighede wat reeds onder finansiële druk is. Die party voer aan die verhoging van 25 basispunte sal skuldterugbetalings verhoog terwyl baie mense reeds sukkel om deur die maand te kom. Roger Solomons van BOSA sê die regering moet dringend fokus op ekonomiese hervormings om groei te bevorder, werk te skep en lewenskoste te verlaag, aangesien hoër rentekoerse alleen nie die land se ekonomiese uitdagings sal oplos nie.
BOSA waarsku terugkoersverhoging kan lewenskostekrisis vererger