Skip to content

BOSA vra deursigtigheid oor voorkeur-operateur vir Lotto, Gold Rush Consortium [KLANK]

# Build One South Africa vra volle deursigtigheid ná die onthulling dat Gold Rush Consortium die voorkeurbieër is vir die kontrak van miljarde-rand om Suid-Afrika se nasionale lotery te bedryf. Woordvoerder Roger Solomons sê dit volg op die party se aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om die name van alle lede van die beoordelingspaneel te verkry. Hy sê minstens twee lede van die tender-evalueringskomitee, Thiran Marimuthu en Anne-Marie Pooley, het skynbaar bande met die konsortium:

ENG SolomonsOnLotto