# Build One South Africa sê die regering kan nie die land se trae, ongelyke ekonomie en hoë werkloosheidsyfer takel nie. Die kwartaallikse arbeidsmag-opname vir die eerste kwartaal toon die aantal werkende mense in die formele sektor het met 245-duisend afgeneem terwyl dié in die informele sektor met 17-duisend toegeneem het. BOSA sê staatsdepartemente en ministers beloof al te lank werkskepping terwyl hulle aan die hoof staan van ʼn ekonomie wat nie groei nie en ʼn arbeidsmark wat nie geleenthede het vir toetreders nie.
BOSA sê regering kan nie trae ekonomie en hoë werkloosheid takel nie