# Die Noord‑Bolandse dorp Worcester is heeltemal afgesny van die buitewêreld weens hewige oorstromings wat groot dele van die Wes‑Kaap raak. Die N1 is in albei rigtings gesluit, asook die R43 na Wolseley, die R46 na Villiersdorp en die R60 in die rigting van Robertson. Die brug oor die Breërivier naby Nekkies is ook oorstroom. Die Wes‑Kaapse regeringswoordvoerder, Kristoff Adelbert, het motoriste vroeër aangeraai om slegs in uiterste noodgevalle te ry, terwyl nooddienste die verslegtende weersituasie monitor en daarop reageer.
Bolandse dorp Worcester heeltemal afgesny van die buitewêreld