# ‘n Federale jurie in Chicago het die Amerikaanse vliegtuig-vervaardiger Boeing gelas om 478-miljoen-rand te betaal aan die gesin van ‘n omgewingswerker van die Verenigde Nasies wat dood is toe ‘n 737 MAX in 2019 in Ethiopië neergestort het. Die skadevergoeding aan Shikha Garg se gesin is die eerste van tientalle eise wat ingedien is na die ramp en een in Indonesië die vorige jaar waarin altesaam 346 mense dood is. Boeing sê hy is baie jammer vir almal wat geliefdes verloor het op die twee vlugte.