# Business Leadership South Africa sê ware mededinging in die elektrisiteitsmark, en nie net hervorming in naam nie, is noodsaaklik om de-industrialisering weens jare lange skerp prysverhogings om te keer. Eskom se herstrukturering-taakspan is besig om ʼn heeltemal onafhanklike, staatsbeheerde transmissiestelsel-operateur te vestig. Dit sal transmissie-bates besit en beheer, en verantwoordelik wees om die elektrisiteitsmark te bedryf. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê jare lange skerp prysstygings het die mededingendheid van baie energie-intensiewe vervaardigingsektore ondermyn en de-industrialisering versnel, wat die land nie kan bekostig nie.
BLSA sê ware mededinging in die elektrisiteitsmark is belangrik