Skip to content

BLSA sê Openbare Beleggingskorporasie se bestuur moet deeglik hersien word

# Business Leadership South Africa sê die Openbare Beleggingskorporasie se bestuur moet deeglik hersien word. Die Gautengse Hooggeregshof het verlede week die uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, se skorsing nietig verklaar omdat slegs die minister van Finansies, en nie die raad nie, gesag het om dit te doen. Die Mpati-kommissie het bevind ministeriële beheer oor die raad se aanstellings was ʼn basiese oorsaak van swak besluitneming by die OBK. Busisiwe Mavuso van BLSA sê die korporasie se raad moet volle mag oor die uitvoerende gesag hê en vry wees van politieke inmenging.