Skip to content

BLSA sê munisipaliteite se skuld van R130-miljard is Eskom se grootste finansiële risiko

# Business Leadership South Africa sê munisipaliteite se skuld van meer as 130-miljard-rand skep vir Eskom die grootste risiko en is die grootste struikelblok op die pad na finansiële herstel. Die kragverskaffer het ʼn volle jaar gelede laas beurtkrag ingestel wat ʼn groot verbetering is op die situasie drie jaar gelede toe die land 300 dae van beurtkrag beleef het. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, sê Eskom se herstel kom terwyl belangrike hervormings aan die algehele elektrisiteitsektor aan die gang is.