Skip to content

BLSA sê hoë werkloosheidsyfer vererger ongelykheid en ondermyn maatskaplike samehang

# Business Leadership South Africa sê die land se werkloosheidsyfer van 32,9-persent weerspieël ʼn ekonomie wat versmoor onder strukturele ondoeltreffendheid, wat wel herstel kan word met dringende hervormings. Die organisasie het verlede week sy Reform Tracker bekendgestel wat die regering se instelling van belangrike ekonomiese, bestuurs- en strafreghervorming monitor. Uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê in haar weeklikse nuusbrief die werkloosheidskrisis vereis dringende optrede om bestendigheid en vooruitgang te bewaar. Sy sê die hoë werkloosheidskoers veroorsaak ongelykheid, ondermyn maatskaplike samehang en vernietig vertroue in demokratiese instellings.