# Die Departement van Binnelandse Sake sê daar is geen verandering in beleid ten opsigte van houers van Zimbabwiese vrystellingspermitte nie. Dit volg op verwarring weens nuusberigte oor opmerkings van adjunkminister Njabulo Nzuza tydens ‘n televisie-onderhoud. Hy het beweer dat permithouers nou kan aansoek doen om permanente verblyfreg in Suid-Afrika. Die departement sê huidige permitte bly geldig tot Mei volgende jaar ingevolge die verlenging wat in Junie verlede jaar toegestaan is, en permithouers kwalifiseer nie vir permanente verblyfreg nie.
Binnelandse Sake verduidelik beleids-posisie oor Zimbabwiese vrystellingspermit