Skip to content

BIN – Burgemeester van Ekurhuleni verwelkom die goedkeuring van die 2026/2027-begroting na drie mislukte pogings

# Die burgemeester van die Stad Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, het die goedkeuring van die metro se 2026/2027-begroting verwelkom en dit beskryf as ‘n belangrike stap vir die verbetering van die lewens van inwoners. Die begroting van 71-miljard-rand is gister goedgekeur, na drie vorige mislukte pogings. Die deurbraak het gevolg op onderhandelinge tussen die ANC en die DA, met die opposisieparty wat ingestem het om die begroting te ondersteun nadat verskeie ondernemings in die finale raamwerk opgeneem is. Xhakaza sê die goedkeuring van die begroting verseker voortgesette dienslewering vir inwoners.