# Politieke kenners waarsku dat die ANC ‘n teenreaksie van kiesers kan verwag in volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing weens die voorgestelde BTW-verhoging van twee persentasiepunte en die hervatting van beurtkrag. Die politieke ontleder Pule Monama het aan Citizen gesê die voorgestelde BTW-verhoging is ‘n self-toegediende wond, terwyl Lesiba Teffo sê dit sal kiesers se besluite beïnvloed in 2026. Ontleders stel ‘n verhoging van een-persentasiepunt voor met meer produkte wat van BTW vrygestel word. Hulle sê plaaslike gemeenskappe spreek ook hulle frustrasie uit oor swak bestuur en ekonomiese ellende.
Beurtkrag en voorgestelde BTW verhoging mag die ANC in 2026 verkiesing duur te staan kom