# Die Amerikaanse regering het navorsingsfondse besnoei wat Suid-Afrikaanse universiteite in ʼn krisis gedompel het. Dit raak 44 programme ter waarde van 2,5-miljard-rand. Die Wits-gesondheidskonsortium sê hy het 1,8-miljard-rand van die Nasionale Tesourie nodig om alle Amerikaanse toelaes oor die volgende drie tot vier jaar te vervang. Die Universiteit van Kaapstad sê sonder ingryping sal hy binne die volgende 12 maande meer as 437-miljoen-rand se navorsingsfondse verloor. Die Noordwes-universiteit moet vyf projekte van 5,4-miljoen-rand staak. Die Departement van Hoër Onderwys sê die saak is na die Presidensie verwys.
Besnoeiing van Amerikaanse navorsingsfondse dompel SA universiteite in krisis