Skip to content

Beskuldigde nommer vier in die Senzo Meyiwa-moordsaak se lot vandag bekend

# Beskuldigde nommer vier in die Senzo Meyiwa-moordsaak, Mthokoziseni Maphisa, sal vandag hoor of die aanklagte teen hom laat vaar word. Dit volg nadat hy aansoek gedoen het vir ʼn Artikel 174-ontslag onder die Strafproseswet. Maphisa voer aan die staat het misluk om hom te verbind met die beweerde plan om die Bafana Bafana-kaptein te vermoor. Meyiwa is in 2014 by sy vriendin, Kelly Khumalo, se huis in Vosloorus, Gauteng, doodgeskiet. Die ander vier beskuldigdes in die saak het hul ontslagaansoeke teruggetrek.